Send a Message
to Quintin Ellis Skrywer

Comments

15

Joined

Jan 19, 2013

Quintin Ellis Skrywer Profile

Forums Owned

Recent Posts

die oplossing valhalla

Boekvoorlegging: Vrydag 26 April 2013 om 18h00 (6nm),by die Montagu Biblioteek, Piet Retief Straat, Montagu.  (Apr 18, 2013 | post #1)

Die Oplossing Valhalla

Hedwig Durand wrote: Sopas Die Oplossing Valhalla van Quintin Ellis klaar gelees. Definitief n moet lees. Wat kan jy verwag? n Boeiende verhaal wat lewe kry deur sy spesifieke woordkeuse, interessante en ongewone karakters, universele tema van elkeen se stryd in die lewe. Ek sien uit na deel 2! "Valhalla " ?  (Mar 25, 2013 | post #1)

Top Stories

Die Oplossing Valhalla

rifiksie.com Beste WF en F vriende Groot dinge gebeur hierdie komende week: 1. Quintin Ellis se debuut Afrikaanse fantasie vir volwassenes, Die Oplossing: Valhalla, sal teen volgende week beskikbaar wees, en hy het ook laat weet dat die opvolg op dreef is. 2. Quintin Ellis, het ook pas sy materiaal gereed gekry vir ons eerste Afrikaanse fantasie aanlyn skryfkursus, waar ons ook volstoom volgende week gaan werk aan die webtuiste - so hou gerus Afrifiksie dop vir meer inligting oor hierdie besonderse stap voorentoe vir Afrikaanse fantasie. Vriendelike groete  (Feb 15, 2013 | post #2)

Top Stories

Die Oplossing Valhalla

Die Kryger keer terug van die slagveld en vind dat sy huis afgebrand en sy familie uitgemoor is. Hy besluit om uit te wyk na ʼn betowerde woud en onderneem om nooit weer terug te keer nie. In stede van ontvlugting beland hy op ʼn avontuurlike reis van diepe selfontdekking. Die Kryger herontmoet Die Uil, wat as Goddelike entiteit Hom ontferm oor die jong man. Gedurende die verhaal kry hy te doen met vele karakters en omstandighede, wat hom help vorm en groei in oorloĆ«, deur vriendskap, deur hulp te vra en deur hulp aan te bied. Hy voer ʼn deurlopende stryd teen mense wat hy voel hom te na gekom het. Omstandighede lei hom na ʼn groep dwerge wat ontneem is van hulle geboortegrond. Met die hulp van Die Uil, Die Paladyn en Die Jagteres lei hy die dwerge in ʼn oorlog, waarin hulle hoop om verlos te word van die Alak Valto wat die eilande met ʼn ysterhand regeer. Dit is die sinopsis van my eerste gepubliseerde boek.  (Jan 20, 2013 | post #1)